Vlootverdrag van Washington

Ondertekening van die Washington-vlootverdrag.

Die Vlootverdrag van Washington of die Washington-vlootverdrag, ook bekend as die Vyfmag-verdrag, was 'n verdrag wat gedurende 1922 onderteken is onder die groot bondgenote van die Eerste Wêreldoorlog, wat ingestem het om 'n wapenwedloop te voorkom deur vlootkonstruksie te beperk. Dit is onderhandel tydens die Washington-vlootkonferensie, gehou in Washington, D.C., van November 1921 tot Februarie 1922, en dit is onderteken deur die regerings van Groot-Brittanje, die Verenigde State, Frankryk, Italië en Japan. Dit het die konstruksie van slagskepe, slagkruisers en vliegdekskepe deur die ondertekenaars beperk. Die getalle van ander kategorieë oorlogskepe, insluitend kruisers, torpedojaers en duikbote, is nie deur die verdrag beperk nie, maar daardie skepe is beperk tot 10 000 ton verplasing elk.

Die verdrag is op 6 Februarie 1922 gesluit. Bekragtigings van daardie verdrag is op 17 Augustus 1923 in Washington uitgeruil en dit is op 16 April 1924 in die Volkebond-verdragreeks geregistreer.[1]

Later vlootwapenbeperkingskonferensies het addisionele beperkings van oorlogskipbou nagestreef. Die bepalings van die Washington-vlootverdrag is gewysig deur die Londense vlootverdrag van 1930 en die Tweede Londense vlootverdrag van 1936. Teen die middel-1930's het Japan en Italië onttrek uit die verdrae, terwyl Duitsland afstand gedoen het van die Verdrag van Versailles wat sy vloot beperk het. Vlootwapenbeperking het al hoe moeiliker geword vir die ander ondertekenaars.

  1. League of Nations Treaty Series, vol. 25, bl. 202–227.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search